1 reviews | Active since Member
Eienaars
Na bitter baie jare se lekker kuier by Bosvelder was vanaand die laaste keer... uiterse swak bestuur en diens. Ek hoop julle het kameras en kyk hoe julle besigheid agter uit gaan. Madam Queen by ontvangs sit met bene in die lug gevou en nie n saak wat aan gaan, so ons loop maar self en gaan sit by n oop tafel, daar sit ons vir 20 min sonder enige diens, nadat ek gaan kla by ontvangs en daar toevalig n waiter in haar sig is wys sy met n vinger dat hy ons moet help. Ons bestel ons drankies en ene Jodi bring ons bestelling met n lang gesig en verdwyn solank dat ek ys en coke by die bar moet bestel, na nog n complaint by ontvangs ene Patience wat steeds bene in die lug gevou sit word Jodi weer gestuur, ons bestel ons kos, een Jelapino burger met chips en een Biltong burger met groente en sowaar kry ons albei burgers met chips, Jodi bring een cutlery stel en sit dit neer asof sy dit vir die honde gee, ons vra vir sout en souse maar niks gebeur totdat ek iemand roep en n ene Andre kom help ons, nederig maak hy verskoning want teen die tyd is ons al gatvol.
Nooit ooit gedink na al die jare sal Bosvelder n slegte na smaak laat nie. Nee wat ek spandeer eerder my hard verdiende geld aan n plek wat nog omgee.
Cheers Bosvelder julle sien my en almal wat ek ken nie weer nie.
Groete
Nicky Joubert