1 reviews | Active since Member
Ek was 2 weke terug in Cape Gate Hospitaal vir 'n skoueroperasie en ek wil al die personeel daar hartlik bedank. Al die personeel, van die persoon wat jou onder by die ingang ontvang, die dametjie wat die kos bring, tot die portuur wat my in die rolstoel uit gestoot het, was almal so vriendelik. Ek sal hulle enige tyd aanbeveel, uitstekende hospitaal.