1 reviews | Active since Member
Daar is baie ****gate wat die koper hom op die hals kan haal as hy 'n 2de handse motor koop by 'n handelaar van twyfelagtige integriteit. Gelukkig is daar nog handelaars wat mens kan vertrou. Heinrich & Seuns is een van hulle. Ek het onlangs 'n gebruikte voertuig by die hulle gekoop. Die produk was goed en die prys ook. Die diens was puik. Ek het telefoniese reelings gemaak en waarop ons op ooreengekom het is gedoen. Veral Frans het gesorg dat die transaksie pynloos en glad verloop. Vriendelike, flink en betroubare diens is 'n kort opsomming van my ervaring. Kan die manne beslis aanbeveel.