1 reviews | Active since Member
JMC CENTURION/AUTO CENTURION. CHRISTO VAN RENSBURG/SHAUN ENGELBRECHT.
Nadat genoemde handelaar die motor wat ons by hul gekoop het, vir byna 4 weke gehad het om te herstel, het ons darm die kar terug. In die tydperk wat hul die sogenaamde "foutlose" voertuig herstel het, was dit vir meer as n week net weg!! Christo van Rensburg het geweier om te sê waar die voertuig was. Hy het soms gesê injector1 is foutief en ander kere was daar weer geen fout op die voertuig nie. Hy het geweier om die voertuig vir ons terug te gee en ons afgepers deur dat indien ek nie die vorige "name and shame" posts van FB verwyder het nie ons nie die voertuig sal kry nie. Die voertuig se registrasie was na byna 5 weke ook nie gedoen soos Shaun Engelbrecht belowe het nie. Ons het onderneem om dit self te doen en Van Rensburg het onderneem om die gelde aan ons terug te betaal. Hulle het ook die diens rekord uit die voertuig verwyder. Nadat ek n negatiewe "review" op hul blad geskryf het, weier van Rensburg om die registrasiefooie te betaal en om die diensrekord vir ons terug te gee en pers ons af dat indien ek die "review" verwyder dan sal hy dit vir ons gee. En natuurlik sy ou "magic trick" is ons weer geblok soos in die tyd wat hy nie wou sê waar die voertuig was en wat hul besig is om te herstel nie.
Intussen is dit onder ons aandag gebring dat Engelbrecht (verkoopsman of mede eienaar soos hy gesê het) en Van Rensburg geweet het van die fout op die injector voor die verkoop van die voertuig. Dat daar aan van Rensburg gesê is om te kyk of daar nie verdere engine skade is nie. Ons het uitgevind waar die voertuig was toe hy geweier het om te sê wat van hom geword het. Die AA toets voor verkoop was nooit gedoen soos hulle belowe het nie. Die voertuig was nie gediens soos hulle belowe het nie. Die gekwalifiseerde tegnikus by hulle het nie aan die voertuig gewerk soos belowe was nie. Twee ongekwalifiseerde mense het aan die voertuig gewerk. Hulle het tot dusver ook nooit aan ons verduidelik wat presies fout was met die voertuig nie.
Daar is ook uit gewys dat die "engine mountings" nie vas was nie. Hulle het nie eers die moeite gedoen om dit vas te maak nie. Met terugvoer daaroor het van Rensburg gesê ons moet die voertuig terug bring. Ons voel egter die risiko is te groot..... hoe lank gaan hul die keer die voertuig hou, gaan hy weer "verdwyn", gaan daar weer ongekwalifiseerde mense aan die voertuig werk, wat gaan nog belowe word wat nooit gaan realiseer nie, wat gaan nog uit die voertuig verwyder word, waarmee gaan ons nog af gepers word???? Om nie te praat van van Rensburg se naamskending van tevore nie!!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.