1 reviews | Active since Member

Ek het Nov / Des 2016 'n Myslimkind boks ontvang sonder 'n faktuur. Ek doen die betalings EFT nadat Myslimkind 2 paaiemente afgetrek het middel 2016, want hulle het slegs 1 boks gestuur, waar ek vir 2 betaal het. ek het telkemale vir hulle emails gestuur na ********** en hulle probeer skakel, waar hulle nie oproepe beantwoord nie. toe ek later wel deurgekom het, het hulle gese hulle sal my kontak, en dit het nie gebeur nie.

So toe ek Nov/Des se boks ontvang het ek hulle op 12 Januarie 'n email gestuur om te vra hulle moet my faktuur vir my aanstuur sodat ek betaling kan maak. hulle het 'n auto reply op hulle email wat se hulle sal my kontak, wat tot vandag toe nog nie gebeur nie. 23 Februarie kry ek 'n sms om te se ek is oorhandig oor my betaling wat nie plaasgevind het nie. Hoe kan ek betaal sonder 'n faktuur of bankbesonderhede? ek het hulle op 23 Februarie gekontak en met 'n Le-Ann gesels en sy het gese sy sal by die rekening afdeling hoor wat aangaan en my kontak en my faktuur aanstuur. Dis Maandag 27 Februarie en sy het my nog nie gekontak nie en ekt weer 'n sms ontvang van die oorhandigings maatskappy dat ek nou R500.59 moet betaal.

ek het die mense van wie ek sms ontvang het gekontak en gese ek soek faktuur vir betaling, die dame het nie eens geweet wat die verskil tussen 'n faktuur of staat is nie!!!!!!!!!!!!!!!!! net daarna kry ek 'n email van haar af met 'n brief om te se ek moet betaal (steeds geen faktuur) en die bedrag is sommer nou R521.22!!

Die diens wat ek van Myslimkind af ontvang het is en was nog net SWAK!

Ek soek asb antwoorde van Myslimkind af hoe hulle hierdie saak gaan regstel en dat hulle gaan aandag gee aan hulle emails en telefoon oproepe en fakture en state!!!!!!!!!!! En hulle moet die oorhandiging terug trek en alle uitstaande gelde wat hulle aan my gerig het afskryf, want dis nie my fout nie, maar Myslimkind sin.

'n week later en ek het nog geen epos van my slimkind ontvang nie, nog geen faktuur ontvang nie, maar ek word gedreig met prokureurs en swartlys en die bedrag het nou opgeskuif na R563.07. Tot my slimkind het 'n sms gestuur om te se nogal alles in hoofletters : moet asb nie vir msk of the kid zone kontak nie, want my rekening is aan LexMEd Debt Management oorhandig (die mense wat ook nie weet wat die verskil tussen 'n faktuur of 'n staat is nie). Ek sou dink dat Media24 Boeke darem 'n rekeningkundige program in plek sou he wat fakture na kliente uitstuur?

59 total reviews on Hellopeter
Is this your business?
Claim your profile to reply to reviews and build trust with customers.