1 reviews | Active since Member
Ek plaas nooit resensies op sosiale media nie, hetsy positief of negatief.
Ons het onlangs Sky Blue Pools van Krugersdorp se dienste gebruik om ons swembad oor te doen.
Só loop die dinge:
'n Bekende akteur word uitgestuur na jou huis toe om die swembad te meet vir 'n kwotasie. (Dan dink mens, wow... die ouens behoort professioneel te wees, maar dis hoegenaamd nie die geval nie.) Sodra die kwotasie gefinaliseer word, stuur Sky Blue Pools 'n span om te begin.
*Op die eerste dag moes die span eers 'n nuwe prop vir die swembadpomp insit (hulle toerusting is gaar!) * Die span daag eers na 11:00 in die oggende op om te begin (daar is geen toesig nie!) * Die klimaat word nie dopgehou nie (ons swembad het skade gely weens 'n hewige storm na hulle die oggend die verfwerk half gedoen en afgejaag het) * Die mosaiëk van die swembad is nie behoorlik geseël nie, daar het reeds water agter ingeloop en het begin deurslaan *Daar is nie voldoende toerusting as die span afgelaai word nie. Ons moes van ons eie verfkwaste vir hulle leen *Die bladders waarin die water gestoor word, is vol lekplekke, byna 80% van die water het verlore gegaan (ons gras stink en het dooie kolle na die hele proses) *Op die kwotasie was 'n nuwe swembadlig gelys, maar ons moes self een gaan koop het, want hulle vers****** is glo op publieke vakansiedae toe (mens moet mos voorbereiding tref, indien daar op sulke dae werk verrig gaan word!)
Ons beveel glad nie Sky Blue Pools aan nie! Bly asseblief weg!