Active since Jul 2016

Geagte Mnr Wenzel,

Ek koop al vleis en wyn by Kings Meat Castlewalk vir die afgelope 8 jaar. Dit is net 'n fees, aangesien die diens en produkte altyd van uitstaande gehalte is. Ek koop glad nie biltong en droewors by enige ander ****huis nie. Ek moet u werklik komplimenteer! Sulke uitnemende diens is voorwaar baie skaars in vandag se tye.

Ek wil egter een van die werknemers uitsonder. Simon neem elke week my bestelling per Whatsapp. Dis nie sommer 'n gewone bestelling. Dis biltong en droewors vir oumensies by 'n huis vir bejaardes. Elke oumensie het sy eie voorkeure (en eie tipe tande :) . Een soek biltong fyn en nat, die ander fyn en droog, met vet, sonder vet, chunks, met spice, geen spice, nat wors, droe wors....... opsies is legio. Ek kan net dink watse frustrasie dit moet wees om te verpak.

Hy verpak uitsoek produkte met die grootste sorg en liefde. As ek dit kom afhaal is dit sonder uitsondering netjies individueel verpak en gemerk in 'n sak. Dis sommer heerlik om dit vir iemand te gee. Soveel beter as 'n paar stukkies wors in 'n te groot sak gedruk en skeef toegeplak.

Ek word altyd begroet met 'n vriendelike groet en glimlag. Ek het al selfs by die wynrak vasgehaak, as ek weer in my waantjie kyk dan het hy my bestellling reeds in my waantjie gesit! Dit met 'n winkel vol klante!

Ek verstaan dat Simon nou nie meer by die voorste toonbank werk nie, maar hy is steeds bereid om my bestelling te hanteer.

Simon is voorwaar 'n aanwins vir u maatskappy!

Baie dankie!

Geseende dag