Active since Jun 2017

Na n lang stresvolle week het ek besluit om my swaer en swanger suster saam met hul kleintjie uit te vat vir n rustige ete by Die Herehuis in Malmesbury.

Nadat ons daar gekom het en n tafel gekry het het ons kelnerin die tafel besoek. Ons het aan die bestuurder versoek vir n ander kelner aangesien ons al meer as een keer die restaurant besoek het en wel bewus is dat ons huidige kelnerin nie baie vriendelik is nie en sy al voorheen baie swak maniere teenoor my swanger suster getoon het, ongelukkig was daardie versoek geignoreer.

Dit daar gelaat het ons maar gehoop dat die keer is anders.....

My swaer en sy vierjarige seuntjie het eerste hul kos bestel waarna ek en my suster ons kos bestel het.

Na n redelike tydverloop het ons ons kos gekry met n bitter teleurstelling dat die vierjarige seuntjie se yskoue viennas en vuurwarm skyfies letterlik na al die grootmense se kos by die tafel aan gekom het.

Nadat al ons grootmense se borde reeds op die tafel was en ek die kelnerin gevra het waar die seuntjie se kos dan is, was ek gesê om rustig te wees, die kos is oppad......Nou my vraag is, hoe lank kan koue viennas nou werklik neem?

Nou die volgende teleurstelling.......

Ons grootmense se kos!

Ons al drie het vark snitchels bestel.........en ek was die gelukkige een (of so het ek gedink) om hul normale grootte snitchel wat maak dat n mens weer terug gaan te kry terwyl my suster en haar man snitchels die helfte van die grootte wat myne was gekry het. Toe ek die kelnerin vra hoe werk dit dan was haar antwoord aan my dat hul almal dieselfde weeg.........nou wonder ek,lyk ek vir haar dom? Die bestuurder het wel aan ons kom se dat dit die porsies is wat hul by die verskaffers kry, so ek sal sê dat indien drie mense op een tafel dieselfde kos bestel dit normaal sal wees om te kyk dat al die porsies wat na die tafel gestuur word min of meer dieselfde grootte is en nie een groot en die ander twee die helfte grootte nie!!!

En dan die cherry op die koe****!!

DRUMROLL.......

Toe ek die eerste happie van my VARK snitchel wil vat sien ek BLOED!!!!!!!!

Ek het dadellik die rekening gevra en het gaan geld trek aangesien hul kaartmasjien nie gewerk het nie. My suster het die snitchel in n huistoe vat boksie gesit en voor sy dit ingesit het sy dit op n ander plek ook oop gesny, die bloedwater het op die bord gelê en die bestuurder het dadellik die leë bord verwyder voor ek terug was om n foto te kon neem.

Die bestuurder het wel my nommer gevat maar tien dae later en ek wag nog steeds vir n oproep!

My raad aan julle om voedsel vergiftiging of swak diens te vermy....vermy Die Herehuis in Malmesbury

© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.