Active since Jun 2017
Ek het perongeluk my motor beskadig in n ongeluk. Outsurance het my n ander paneelklopper verwys maar ek het gevra vir Saturn omdat dit nader aan my huis is. Outsurance het ingestem. Dit was die beste besluit wat ek geneem het. n Man met die naam van Tersius het my gehelp by ontvangs. Hy het dadelik my vertroue gewen. My voertuig was 2 weke by Saturn gewees. Outsurance en Saturn het my gereeld op hoogte te gehou met die vordering. Ek kon nie glo dit is my kar wat ek terug gekry het nie. Hy het beter gelyk as wat hy gelyk het toe ek hom gekoop het. Ek sal enig iemand aanbeveel om gebruik te maak van Saturn Outo Body. Hulle is tops