Active since Apr 2019
I joined dotsure.co.za to get insurance for my small fury friend Cheeky and was helped by a man named Thapelo Mbebe. He was very friendly and respectful while explaining everything concerning the insurance to me. I take my hat of to him and will recommend him to anybody who might be thinking of joining dotsure.co.za.
Die firma The Leak Detectives het vroeër die maand vir my ondergrondse lekplekke in my erf kom herstel. Wanneer jy bel antwoord 'n man wat sê sy naam is Carl. Hy het een van sy werkspanne hierheen gestuur omdat ek vir hom geklink het na 'n ouerige dame wat baie gestress was. Hy was reg, want toe sit ek al vir 2 dae sonder water. Hulle het gewerk van die middag 3.30 af tot die aand 8.30. Na hulle 'n t****e pyp gelas het, het die ou pype weer gelek en het hulle die volgende dag teruggekom om verder te werk. Die volgende dag was hulle 8.30 hier en is twee werkers afgelaai om te grawe. Die man CJ het met die bakkie gery om material te gaan koop - glo in Kempton Park, maar toe hy hier terugkom na 3uur die middag, het hy 'n papiersak met konneksies van Plumbit in Centurion by hom gehad. Die 2 wat agtergebly het, het maar baie stadig gewerk tot CJ en sy ereker genaamd Risk terug was en weer begin grawe het. Toe het die werk skielik begin vorder. Hulle is die middag om 56.30 klaar. Intussen het my se afsterwe so 'n paar weke terug ter sprake gekom en nie te lank daarna nie, vra die CJ toe vir my wat gaan ek maak met die "groot bakkie" in die motorhuis. Op my vraag wat hy in die motorhuis soek aangesien hy niks daar verloor het nie, het hy gesê hy het gesoek vir waterpype. Wil toe weet of ek nie van my man se gereedskap wil verkoop nie. Hy koop toe altesaam R3,400.00 se goed en sê dat die eienaar dit van die rekening sal aftrek. Toe hulle ry die volgende middag, was my rekening R11,500 en die sms sê CJ se geld is afgetrek. Ek het net mooi 'n week gesukkel om 'n faktuur uit hulle te kry en hul verskoning was toe dat hul komputers 'n virus op gehad het. Die faktuur vertel toe van hoeveel ure hulle gewerk het, en dat die tarief R800 vir die eerste uur was, R800 per uur vir 5 ure oortyd en dan nog R3,000+ vir materiaal en benodigdhede, maar niks van CJ se geld wat kastig afgetrek was nie. Saam met die R3,400 sou my rekening dan mos R16,00+ gewees het. Dit beteken dat die man CJ my man se gereedskap wat hy "gekoop" het blatant gesteel is sonder enige betaling. Indien enigiemand my dalk hul straatadres kan laat kry kan ek dalk die gereedskap gaan terugkry. Hulle het blykbaar 'n paar kantore, waarvan 2 in die ooste van Pretoria is. Blykbaar in of naby Silver Lakes want dit is blykbaar waar die CJ bly. Die rekeningnaam waarin die geld betaal word is Stephanie Morison en dis 'n Capitec rekening. Hul tel nr - en dis die enigste nr wat op hul FB en/of wegwerf voorkom is - ********** . Indien iemand al met hulle te doen gehad het, groot asb laat my weet.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.