Active since Apr 2019
Ons het ‘n kwotasie gekry van Hometech SA - Shop 10, Da Gama Building, Oosterland Straat, Jeffreysbaai. Oos-Kaap Provinsie om garage deure te installeeer op 26/01/2017 vir ‘n bedrag vanR9790,00. Kwotasie is aanvaar en deure is geinstalleer ongeveer 10/05/2017 (dis toe ek die finale betaling gedoen het - so deur was klaar geinsalleer.) Die deure het begin roes, handvatsels is besig om uit te skeur en optrek tou - besig om uit te rafel. Wag nou al meer dan 2 maande vir Mnr. A. Oosthuizen om ons te kom sien oor hierdie aangeleentheid. Hy maak afsprake en kom dit nooit na nie, maar stuur uit de bloute iemand om na die probleem te kom kyk. Foto’s is geneem deur hierdie werker - maar tot hede geen terugvoer. Ons vraag - hoe lank is ‘n Waarborg geldig op Garage deure? Of moet ‘n mens nou elke jaar nuwe deure insit? Duur spelletjie, Vorige T****E HANDSE se Wispeco deur het gehou vanaf 1999 - 2017, Hoe kry ons reaksie van hierdie bedryf? Swakste diens wat ons nou die afgelope tyd van hierdie bedryf kry. ons is kliente van hierdie bedryf sins 2012 - toe hulle hier oopgemaak het, maar deesdae is dit nag om enige reaksie van hulle te kry. Besonderhede van Hometech SA:- Andrè Oosthuizen - ********** 295 Tel:- ********** 648 Faks:- ********** 577 ********** www.hometechsa.co.za Hoop om reaksie te kry. Dankie