Active since Aug 2019
Hi, My moeder het geval en haar bekken been gebreek. Ek het haar op 16/07/2019 Ancron Hospitaal toe gevat, wat ek gedink het is die beste hospitaal, maar tot my bittere spyt. Ek het by ongevalle aangekom, hul my ma ondersoek en x trale geneem en gesien die bekken been is gebreek. Ek het 8 uur Dinsdag aand by die hospitaal opgedaag, hulle het gesê hul kan my ma opneem maar dan moet ek eers die geld neersit, anders moet ek haar huistoe vat en die volgende dag weer terugbring. Ek het hul gevra of ons dit asb die volgende dag kan betaal aangesien ons 80km van die hospitaal af woon, hul het aangedring dat ek die geld moet betaal of my ma moet huistoe gaan. Ek het 12 uur Dinsdag aand by die hospitaal gery om die geld te gaan haal en was omstreeks 2uur Woensdag oggend terug met die geld, nadat ek die geld betaal het, is my moeder opgeneem. Op 01/08/2019 het ek my moeder met die ambulans gestuur na Ancron Hospitaal, hul het haar by ongevalle ondersoek en x strale geneem, sy het 'n bloedklont in haar regterlong gehad en opstruksie in haar maag. Hul het gesê sy moet dadelik in ICU opgeneem word, en 'n kwotasie vir my uitgewerk, ek het 'n bedrag kontant gehad, en hulle gevra of ek die volgende dag die res van die kontant kan kom betaal, hul het geweier en gesê dan plaas hul my ma oor staatshospitaal toe. Ek het hul gevra om my 2 min te gee om te besluit, en hul het my meegedeel dat my ma onmiddelik opgeneem moet word aangesien die bloedklont kan loskom. Ek het dadelik Wilmed Park Hospitaal geskakel en my situasie aan hulle verduidelik en dat ek die kontant wat ek het kan neersit en die volgende dag die res. Hulle het nie eers twee keer gedink nie, en gesê hul wag vir my ma. NOOIT OOIT IN MY LEWE SAL EK WEER VAN ANCRON GEBRUIK MAAK NIE, VIR HULLE GAAN DIT OOR DIE GELD EN NIE OOR 'N LEWE NIE. HULLE WORRY NIE OF DIE PASIENT OP STERWE Lê NIE DIT GAAN NET OOR GELD. EK SAL GEEN EEN AANBEVEEL NA ANCRON HOSPITAAL TOE NIE! WILMED PARK HOSPITAAL IS UITSTEKEND.