Active since Nov 2019
Ons kan met die grootste lof van Ctheworld toere praat. Ons gaan eersdaags op ons 4de toer saam met hulle. Uitstekende, goed opgeleide, intelegente, ervare en vriendelike gidse vergesel ons vanaf Suid-Afrika en hulle kyk só mooi na die toerlede! Fantastiese luukse en veilige busvervoer tussen lande. Baie gerieflike hotelle. Genoeg vrye tyd. Toerprogramme word maksimaal beplan. Bekostigbare keuses. Toerpryse sluit lughawebelasting, retoervlug, alle ontbyte, verblyf en busvervoer in!! Ons sal Ctheworld hoogs aanbeveel by alle toer entoesiaste! See the world with Ctheworld Toere! Deon en Adél du Plessis.
Ons het al 3 toere saam met Ctheworld beleef. Elkeen was amazing! Mei 2014 Wes-Europa. Ongelooflike eerste ervaring! Junie 2017 Croatia. Wat ń belewenis! April 2019 Oos-Europa. Sjoe, wil net weer gaan! Ctheworld reël alles vir jou teen 100% die beste toerprys in S.A. Hulle organisasie is puik. Akkomodasie is gerieflik en busvervoer veilig en gerieflik. Toergidse is behoorlik opgelei, vol energie en gee hope idees ivm ekstra ekskursies ens. Toergidse help waar nodig en gee ook genoeg vrye tyd vir self rondloop. Hulle is intellegente hoogs gekwalifiseerde gidse. Ons is alreeds weer bespreek vir die Passiespeletoer Oktober 2020. Ons beveel Ctheworld by al ons vriende en vreemdelinge aan. Kom en geniet julself saam met ń super bekostigbare toergroep! Adél en Deon du Plessis Paarl, Wes-Kaap.