Active since Feb 2020
Sorry, but don`t use them! On 30 January 2020 I saw water leaking in my garage. I phoned Petrus, a trusted plumber over 13 years. He said that he does not want to open the wall before we are sure where the leak is. I had a hectic day and my husband was on his way from overseas so I googled and found The Leak Detectives. A person called CJ - arrived and his 2 black staff got busy. He was sitting in his bakkie and kept busy on his phone. He never went into the house. Later he said they found two places leaking - die een in die pyp en die ander op die naat van `n T-junction onder die bad op die t****e vloer van ons huis. Ek het hom gevra om my te verduidelik hoe hul nuwe tegnologie help sonder om enige kap en oopmaak werk te doen en hy het my die konsep verduidelik van `n balletjie wat in die pyp hardloop, die gat vind en in die gat gaan sit en dit deeglik seël. Elke balletjie is R3500.00 en hul verseker jou indien dit nie werk sal hul die kapwerk doen en die lek op hul eie koste regmaak. Hy kwoteer my toe R7850.00 vir die 2 gate en wil hul kontant dadelik hê of EFT voor hul oë in hul bankrekening. Ek het gesê ek wil sien dat hul dan 2 balletjies gebruik want dis al hoe ek weet dat hul wel doen waarvoor ek betaal. Hy het toe gesê hy het nou weer gedink en dink hy nie sy tegnologie gaan werk op die naat van die t-junction nie, en wil hy nie die risiko vat nie. Ek moes toe kontant R1950.00 betaal en my loodgieter weer bel om die bad uit te haal, oop te kap en die ou pype te vervang. Dit was reeds na 17h00 en sou my loodgieter 8 uur arriveer die volgende dag. Hy het gesê ons mag glad nie die twee badkamers gebruik nie wat langs mekaar op die boonste vlak is nie. Ek het `n huis vol mense gehad en het maar om verskoning gevra en almal moes maar ons badkamer leen. Petrus het toe besluit om oop te kap aan die kant van die t****e verdiepeing en `n tonnel onder die bad ingekap. Hy het `n vorige keer die lekkende toiletpyp ook daar reg gemaak. Tot my groot verbasing het my huishulp my vertel dat die personeellid aan haar gesê het dat hul geen lek vind nie. Petrus kon geen pype onder die bad vind nie en het ek CJ gebel. Hy wou glad nie my 10 oproepe antwoord nie en ook nie my boodskap om te bel tot vandag toe nie. petrus het hom toe van sy nommer af gebel en vir hom vertel dat daar glad nie pype is nie en dat hy vir hom `n video stuur van waar die pype lê. Hy het vir Petrus eintlik beledig deur terug te stuur dat dit lyk of hy nie weet wat hy doen nie en of hy moet kom help!! Petrus het toe die kante van die bad met die stortkop nat gespuit en kon ons duidelik sien dat die probleem slegs silikon om die bad was, wat vervang moes word! Daar is `n stort in die bad en was dit die hele probleem. Ek is uitgevang omdat CJ gesien het ek vertrou hul en dat my man eers laat daardie nag tuis sou wees. Sò is hy weg met die kontant en het hy my seker geblok op sy foon. daar is geen T-junction, geen pype onder die bad en is ek dankbaar vir Petrus wat nie dadelik die bad uitgekap het en eers die saak mooi ondersoek het. Ek is eerlik as ek sê dat ek my eintlik skaam vir blanke mans wat misbruik maak van vroue se onkunde en swart personeel gebruik om ALLES te doen, net die geld vat en ry. Sy manne was so dors en het ek met graagte vir hul koedrank aangebied, CJ wou niks hê toe ek hom vra, maar vra nie eers of sy personeel wat al die werk doen iets kan kry nie. Die wiel draai en sal sò `n besigheid nie geseënd wees nie.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.