Active since Jan 2021
Op 18 Augustus het ons telefonies met Philip Kruger van E-Kalahari Solar gepraat waarna ons 2 wind turbines bestel het ter waarde van R 21 500.00 elk (dus 'n totaal van R43 000.00). Ons het dieselfde dag 'n elektroniese oorbetaling gemaak in die E-Kalahari rekening (sien betalingsbewys aangeheg). Op 3 Sep 2020 het ons Phillip weer telefonies gekontak en nog n wind turbine bestel wat ons betaal en wat ons intussen reeds ontvang het. Ons probeer daagliks met Phillip praat oor die uitstaande turbines. Aangeheg is bewyse waar hy op whatsup bevestig dit word per pos gestuur en dat hy die "tracking" nommer vir ons sal stuur, wat hy egter nog nooit gedoen het nie. Ons is nou in 'n situasie dat hy nie eens meer ons whatsup boodskappe of oproepe beantwoord nie. Hiermee sy inligting:. E-Kalahari Philip Kruger Cell 072 985 4727 Kuruman Ons versoek: 1) dat ons iemand sal stuur (al moet ons self deurgaan) om die turbines op sy perseel te ontvang; 2) of dat hy dit finaal aan ons aanstuur en dit ons binne 7 dae bereik 3) of dat hy die bedrag met rente binne 24 uur in ons rekening oorbetaal. Ons het bewyse van: 1. Bank besonderhede van e-Kalahari 2. Invoice 3. Bewys van betaling gemaak 4. 10 Whatsapp screenshots van kommunikasie tussen ons 2 partye