Active since Jan 2024
Hi ek het toe ek bespreek het als gekliek wat ek wou he op die internet maar net mooi niks daarvan gekry nie. Die fotos wys n swembad. Ek het n kamer bespreek met n dubbelbed en n bankbed. Ons het daar gekom en In die kombuis het ek heel eerste gekyk vir koffie suiker en melk. Die houer met die koffie was leeg, Die houer met die suiker was leeg. Daar was nie n kommetjie of wasbak om die skottelgoed te was nie. Ek moes ons vetterige borde in die gesig wasbak was en lyfseep gebruik want daar was nie skottelgoed seep ni en ook nie n afdroogdoek nie, ek moes my klein handdoekie gebruik. Daar was net 3 klein driehoek sakkies melk maw jy kon net een koppie koffie drink. Ek het vroeer die dag oppad by Shoprite gestop en hout, blitz en vleis gekoop om te braai asook brood en speserye. Daar is ook nie n broodbord om jou brood of rolletjies te maak nie. Ek moes ma op n bord sny en weer was om uit te eet. Die braaitang het net een vinger gehad en geen mens kan vleis omdraai daarmee nie. Die swembad was vuil maar ek het my kleinkind laat swem want dit het okerig gelyk. Sy het daarna n swam op haar lyfie opgetel waarvoor sy dokter toe moes gaan maw dit word nie skoon gemaak nie. As jy n gastehuis run en adverteer moet jy sorg dat dit skoon is. Toe ek haar vra hoe maak haar mense skoon dat hulle nie als weer volmaak nie se sy hulle het vergeet. Ek weet nie eers of ons skoon beddegoed gehad het nie. In die stort het ek my handdoek op die rail gehang om te stort en toe val die hele rail uitmekaar uit die muur uit. Die eet tafel het buite op die stoep gestaan met twee stoele en was so lendelam jy kan nie daarop dit nie. Die tafel is in dieselfde toestand. Ons is wifi belowe maar dit wou nie werk nie. As jy ingaan kry jy n skuifhek en dan n skuifdeur. Die hek se raam is gebreek so jy moet die hek optel en sleep tot waar hy moet in en hom inkap in sy slot. Die skuifdeur se rol op die vloer is fouttief, jy moet dit stukkie stukkie optel en elke keer bietjie aanstoot om dit toe te gooi in sy slot. Toe ek vra vir n tang en koffie en suiker en n bak vir my vleis asb kom sy daar aan met n carrier en gooi dit neer op die grond. In dit was n plastiek bak, tang klein blikkie koffie, kleinste pakkie suiker en koeksoda wat ek nou nog nie weet waarvoor ek dit moes gebruik nie. Daar is ook nie regtig steakmesse vir braaivleis nie, jy moet maar sukkel sukkel eet. EK WEET NET DE VUUR SAL MY NOOIT WEER SIEN NIE. MY GELD GEMORS. Ek beplan om weer volgende jaar Kaap toe te gaan met vakansie maar sal n ander plek soek. Als was uiters swak. Oppad terug het ons by Coles Corner gebook en daar is niks te kort nie. Als is daar en netjies en skoon. Hulle kan trots wees. Ons het tot n skoon gemaakte braai gekry om te braai. Dit was n plesier om daar te bly.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.