Active since Feb 2016
Ongelooflike diens gekry by Wiggly Pets met die aankope van ons opreggeteelde Labrador puppy van 8 weke oud. Ons hondjie was in goeie kondisie toe ons haar op Kaapstad se lughawe gaan haal. Dankie vir die ekstra myl wat julle saam met ons gestap het.
Ons het n 6 weke oue Labrador puppy gekoop by Wiggly pets die 22ste Januarie 2023. Wat n ongelooflike diens en behulpsaamheid.Natalie het alles gereel tot die vlug vanaf JHB tot Kaapstad . Haar diens was ongelooflik. Ons het alle inligting ontvang om vir die kleine Daisy te sorg asook die regte kos te gee. Daisy die Labrador puppy is alles en nog Meer. Sy was gesond lewenslustig en so goed versorg. Ek Sal Wiggly Pets aanbeveel by almal wat n diertjie wil koop. Puik diens en hoogstaande kwaliteit van die diere. Dankie Natalie en jou span by Wiggly Pets ons maak weer van julle proffesionele diens gebruik.
Ons dogter bly in Australie en bestel by Flowers from Heaven n Premium Biltong Hamper vir haar pa se 74ste verjaardag. Sy betaal R595 vir die volgende 1 x pakkie biltong met die prys OK foods R10,17 nog daarop .. n pakkie droewors met naam OK Foods R12,32 ook duidelik gemerk.. nie eens pryse afgetrek nie. In die pakkie is ook asvolg. 2 pakkies klein minni cheddars (R3,95) 2 pakkies Pretzels ( die kleinste klein pakkies) 4 klein klein pakkies droevrugte. n Pakkie nagemaakte sjokelade stafies wat by verkopers langs die pad gekoop word. n Klein boxie Toblerone sjokolade(die enigste sjokolade van waarde. ) en n bottel druiwesap.

Die verpakking was treurig, die kaartjie aangeheg was n stukkie papier afgeknip, krom en skeef van n folio blad met n stempeltjie opgedruk die maatskappy se naam.

Dit is die SWAKSTE WAT ONS NOG OOIT GESIEN HET.. My dogter het in goedretrou haar betaling aanlyn gedoen met die belofte van die beste produk met aflewering.
Flowers From Heaven 021 948 2010 in Bellville.. julle behoort nie in die bedryf te wees nie.!!!