1 reviews | Active since Member
Ek is so ontevrde met die diens wat ek by SAC Engineering Vanderbijlpark ontvang het dat ek nooit weer van hulle diens gebruik sal maak nie.
Hulle het my Isuzu KB 300 D-TEQ se enjin in November 2022 opgedoen nadat ek dit laat oorverhit het. Nadat ek ongeveer 2 000 km gery het het dit begin rook. Hulle was so vriendelik om die enjin in Januarie 2023 weer oop te maak nadat een van hulle werktuigkundiges 'n foutiewe lesing op een van die silenders geneem het. Daar was nie fout nie maar wel met die lugaanjaer wat ek in Potchefstroom laat herstel het. Daar het my probleme met hulle egter begin.
Ek het die voertuig vir hulle in Mei 2023 terug geneem omdat daar lugborrels by die verkoeler ontsnap het. Hulle het besluit dit gebeur as gevolg van probleme met die "EGR" en dit afgeblok. Hulle het egter weer die "top" "geskim" en ook die boonste pakstuk vervang omdat, volgens Clifton, die eienaar van SAC Engineering, die enjin warm geword het. Ek moes vir dit alles betaal, dit terwyl die voertuig nog onder waarborg was en ek bereid was om onder eed te bevestig dat die voertuig nooit oorverhit het nie. Ek glo daar is nie nuwe boute ingesit nie of dit is nie korrek vasgetrek nie, toe hulle die werk in Januarie 2023 gedoen het.
Dit was nog nie die einde van hulle onbevredigende werk nie. Minder as 2 000 km verder kom daar 'n skreeu geluid van die lugaanjaer. Ek laat my werktuigkundige dit afhaal omdat ek en hy gedink het dit is foutief. Hy ontdek dit makeer niks nie maar drie boute, wat dit help vashou aan die enjin, is weg terwyl die ander boute aan die lugaanjaer met die hand vasgedraai kan word. Ek het vir Cliften ges***el om te vra dat hulle vir die arbeid en nuwe pakstuk moet betaal omdat hulle daar gewerk het in Meimaand. Hy het geweier omdat ek, volgens hom, die voertuig na hulle moes geneem het vir die herstelwerk. Dit terwyl ek nie in die minste gedink het die probleem is hulle onbevredigende werk nie.
Cliften vind dus elke keer 'n verskoning om nie vir hulle onbevredigende werk te betaal nie.
PW de Vries Vredefort.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.