1 reviews | Active since Member
Stitch pro lewer slegte diens en beskik nie oor die nodige kommunikasievaardighede nie. Hulle neem jou deposito vir 'n produk en lewer nie die diens nie. Ek het in Januarie maand T-Hempde met my Sentrum se logo op bestel en die deposito betaal. Teen 1 Augustus het ek steeds geen hemp ontvang nie en word my kommunikasie na hulle nie beantwoord nie. My bestelling sou verdubbel word, maar na vele probeerslae het ek hulle gevra om die deposito wat ek betaal het weer terug te gee, maar ek kry geen terugvoer van hulle af nie.