1 reviews | Active since Member
Toe ek my studies by Akademia begin het, was ek onseker oor wie ek is en watter rigting my lewe moes neem. Ek het net geweet ek wil iets beteken- vir myself, vir ander, vir my gemeenskap. Wat ek nie geweet het nie, was hoe diep hierdie reis my sou verander.
By Akademia doen ek nie net akademiese kennis op nie; ek het geleer om te dink, om te vra, en om te glo in die waarde van my eie stem. Die dosente het my nie net as ’n student gesien nie, maar as ’n mens met potensiaal.
Wat my die meeste geraak het, was die gemeenskap. Hier het ek mense ontmoet wat dieselfde waardes dra, wat saam met my lag, bid, werk en groei. Akademia het vir my gewys hoe dit voel om deel te wees van iets groter ’n familie wat gebou is op geloof, taal, en kultuur.
Selfs al is ek nog nie klaar studeer nie, weet ek nou al: hierdie pad by Akademia is besig om my te vorm in iemand wat met oortuiging, dankbaarheid en roeping kan leef.
Best regards,
Best regards,