1 reviews | Active since Member
Tydens my gap jaar laas jaar, het ek eerlik nie geweet waarnatoe my lewe gaan, gaan nie en watter pad vir my oopgemaak kan word nie. My laaste opsie ,wat vinnig verander het in die beste keuse wat ek al ooit geneem het, was Akademia. Al is ek nou in my eerste jaar as ‘n onderwys student, het ek reeds my plek gevind by Akademia. Die skaam teruggetrokke persoon wie ek op skool was het nou geblom in ‘n persoon wie so baie vriendinne nou het en haar plek van behoort gekry het. Huis Daglelie, een van die koshuise, het my hart gekry en my met ope arms aan die begin van die jaar ontvang en het diep spore die jaar in my hart getrap en die susterskappe wat ek gekweek het by Huis Daglelie het ‘n baie spesiale plek in my hart Die dosente wat ek al die jaar ontmoet het, is van die oulikste mense wat ek nog ooit in my lewe ontmoet het en hulle maak die klasse lekker deur net hulleself te wees. Ek het na jare se sukkel om in te pas op skool my plek van behoort by Akademia gekry en die reis wat ek nog moet stap om my kursus te voltooi sal ek vir niks uitruil nie.
Best regards,
Best regards,