1 reviews | Active since Member
Ag ek wou net graag 'n ou dankie sê briefie stuur aan julle hoofkantoor vir julle winkel hier in Malmesbury
my dogter het my gehelp met julle informasie
ek was in ons plaaslike Bargain Boeke winkel die naweek en ek moet regtig sê julle het die oulikste nuwe winkel bestuurderes daar in ons tak. ek is ou klieent vandat julle daar oopgemaak het maar het Linda eers Saterdag ontmoet daar in die winkel
maar mens was sy nie oulik nie,sy het my so mooi gegroet en so welkom laat voel en my so oulik gehelp met geskenkies en Afrikaanse boeke vir my dogter en kinder boeke vir my klein kind in Hamburg wat ek en my man hierdie week gaan besoek.
Ek moet sê ek het lanklaas sulke fantastiese diens ontvang en sukkel lekker warm en persoonlike aandag geniet en dit van 'n bestuurderes
ek het selfs my vriendinne by die kerk vertel van haar en hoe oulik sy was en mens kan sien sy is nou 'n regte egte plattelandse kind ek dog maar net ek wil net graag sê dankie vir haar pragtige diens en aandag en vir die manier waarmee sy my behandel en gehelp het
lieflike daggie vir julle en ek hoop julle kry my epossie groetnis daar Mev Susan van der Merwe