1 reviews | Active since Member
DIE MEES PATETIESE DIENS: Deur Cape Bakkie Centre Ek het n TOYOTA bakkie in November 2022 van Cape Bakkie Centre, Voortrekkerweg, Bellville, gekoop, en was aanvanklik vol vertroue dat die voertuig in n goeie toestand aan my gelewer was.
Ongelukkig, net voor Kersfees, in die Oos Kaap, het ek opgemerk die ‘fender’, dis die gedeelte vanaf die linkerkant se voorste wiel tot die regterkantse voorste wiel onder die “grill”, hang los aan beide kante. Ondersoek het getoon dat die ‘fender’, wat uit n soort plastiek bestaan, deur slegs n paar skroewe aan die modderskerm vas gehou word, asook deur twee plastiek -‘clips’ agter die rooster. Laasgenoemde word op sy beurt deur twee soortgelyke ‘clips’ aan die metaalraam wat vanaf die bakwerk strek, geheg .
Vier belangrike punte van hegting, waarvan ek aanvanklik van slegs twee bewus was, was geignoreer. Ek het daarom self twee boute gebruik om die ‘fender’ tydelik te heg.
Terug in die Kaap het ek Cape Bakkie Centre besoek en met die verkoopsman, ene Frank, gepraat. Sy houding was geensins bemoedigend nie, hoewel hy my versoek het om die bakkie by hulle te los vir ‘n halwe dag. As n elektriese kontrakteur is die voertuig egter my brood en botter. Ek het hom vervolgens twee ure die volgende week aangebied, maar ook verneem na n leen-voertuik, dog sonder sukses.
Ek het daarna met ene Edrich John, skynbaar een van die direkteure, kontak gemaak en my grief gelug. Ek het daarna weer met Frank gekomminikeer en gevra of die herstelwerk die ek. Saterdag gedoen kan word.
Frank het geantwoord dat die paneelklopper wel die ‘fender’ opgesit het, maar nie Saterdae werk nie.
Intussen het ek opgemerk dat die ‘fender’ al hoe meer loskom en laer sak en het een middag my werkstyd opgeoffer om die probleem tydelik te herstel. Na ek egter die ‘fender’ afgehaal het, het ek op die afgryslikste knoeiwerk afgekom! Oordeel self:
1) Dit was duidelik dat daar nie ‘n poging aangewend was om die ‘fender’ behoorlik vas te sit nie, en ek het met n skok besef die ‘fender’ sit geruime tyd op genade. 2) Die metaal-bakwerk agter die ‘fender’ was erg geroes, dit was skokkend om te sien. Geen poging was aangewend om die roes te behandel of selfs weg te steek nie. 3) Twee metaal arms, waaraan die ‘fender’ veronderstel was om vasgebout te wees, se punte was totaal afgeroes, en geen poging was aangewend om dit reg te stel nie. 4) Die res van die skroewe wat veronderstel is om die fender vas te hou, was eenvoudig nie daar nie. 5) Die modderflap onder die bakkie, was aan die “fender” geheg moes wees, was ook los. OPSOMMING: My opinie van die diens, die toewyding en, jammerlik, die integriteit van Cape Bakkie Centre se personeel is uiters een van skeptisisme. Die paneelklopper moes bewus gewees het van die geroeste arms en bakwerk. Hy moes bewus gewees het van die min skroewe en vermiste boute (wat hy moes in sit), want hy moes die ou “fender” verwyder. Hy het duidelik nie omgegee hoe hy knoei nie. Frank, die verkoopspersoon, het by oorhandiging van die voertuig, vir my n lys laat teken van sogenaamde inspeksies wat hy gedoen het. Wel die ‘towing socket’ was stukkend en ek moes dit vervang en herstel. Die slot van die canopy moes ek vervang. Die ligte in die canopy was nie gekoppel nie. Ek het ‘n legio geroeste boute en moere op verskeie plekke vervang. Die klap van die “canopy” se se een skarnier was gebuig sodat die klap skeef toegemaak he en teen die kant van die raam geskuur. Sowat van inspeksie…! Frank se amper onwilligheid om my tegemoet te kom met diens. Die paneelklopper, wat nie kan of bereid is om ordentlike diens te lewer nie. Sy ignorering van die geroeste bakwerk grens aan oneerlikheid. Edrich John se versuim om, na my klagte en foto’s aan hom, daadwerklik op te tree. Ek moes my tyd en materiaal gebruik om hul swak werk te herstel, en hoewel hulle bewus was daarvan, het hulle geen poging aangewend om ‘n regstelling te doen nie. Tewens, ek is oortuig hulle sou net verder geknoei het. My eerlike opinie is dat Cape Bakkie Centre onbetroubaar is, en ek sal geen persoon aanbeveel om met hulle besigheid te doen nie. Ek kan nie glo dat dit alles maar net n sameloop van onvoorsiene omstandighede is nie. Dis duidelik dat die voertuig met voorbedagte wete van hierdie defekte aan my verkoop was. Ek oorweeg om n eis van skadevergoeding teen Cape Bakkie Centre in te sit d.m.v. die Hof vir klein-eise, en versoek kliente met soortgelyke ondervinding om my te kontak. Die uwe. Johan Kruger 0726089908
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.