1 reviews | Active since Member
My vrou en ek het kraatjies bespreek by Die Blou Hond vir Manie Jackson wat sou plaasvind. Weens die COVID-19 is die optrede gekanselleer, maar met ons navraag om die gelde vir ons vertoning kaartjies en ete terug te kry, was ons gevra om asseblief bietjie te wag tot hulle weer "oop maak" en dan kan ons die kaartjies gebruik vir enige ander vertoning.
Ons het dit duidelik gestel ons stel nie belang in ander vertonings nie, slegs Manie Jackson se vertoning. Geen reaksie van hulle in ontvang.
Nou nadat ons op level 1 is het ons weer navraag gedoen insake die terugbetaling van ons gelde. Dit is nou reeds ses (6) maande wat ons wag. Weer is ons geantwoord hulle is besig om 'n ander datum te kry vir die vertoning. Ons het geantwoord en gese ons stel nie belang om verder te wag nie, dat ons gelde asseblief aan ons terug betaal moet word en dat ons wanneer en indien daar weer 'n vertoning van Manie Jackson by Die Blou Hond, Casa Toscana - dan sal ons net weer bespreek.
GEEN terugvoer of enige reaksie van hulle nou reeds vir meer as twee weke alweer.
Is dit hoe Die Blou Hond en Casa Toscana hulle gaste behandel?
SWAK, SWAK SWAK!!!!!!!!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.