1 reviews | Active since Member
Ek het my bestelling geplaas op 17 Julie 2023 en het op 17 Julie 2023 betaal. 5 Maande terug.
Die eerste keer was daar aan my n belofte gemaak om einde oktober my pakkie te stuur. Oktober het gekom en gegaan.
T****ekeer is daar n belofte gemaak (op 27 Nov 2023) aan my om my pakkie twee weke terug te stuur dit het ook gekom en gegaan.
Sy het vir my n foto gestuur (op 12 Des) van my betselling wat in n boks is en dat hulle net wag vir waybills details en dat ek dit via sms sal ontvang. Steeds tot vandag het ek geen waybill nommer of verdere kommunikasie van haar ontvang nie.
Ek het haar al probeer ****ak via email, whatsapp en oproep ek kry absoluut geen terugvoering van haar nie. Sy kan net n boodskap stuur en sê jou goed is nie klaar of sy nog nie tyd gekry om my goed by die couriers uit te kry nie, maar nou maak sy beloftes wat sy nie kan na kom nie.