1 reviews | Active since Member
Ek was besoek deur ‘n adviseur wat my bestaande stelsel kom evalueer het waarop voorstelle gemaak was om my stelsel te verbeter teen ‘n bilike eenmalige uitgawe wat meer doeltreffend sou wees. By die instalering van so ‘n sisteem kan dit taamlik duur wees en het ek goeie advies ontvang om ‘n effektiewe sisteem te kan bekom deur die minimale. eenmalige uitgawe. Justin, die adviseur het my stelsel geevalueer en 80% van alle moniterings oë en sensors het behoue gebly. Daar was slegs enkele toevoegings tot die stelsel gemaak wat die waarneming rondom my huis meer doeltreffend gemaak het. So doeltreffend dat jy dit van jou selfoon oor ‘n afstand kan beheer.
Die tegnici wat die installering van die bykomende items gedoen het was uiters bekwaam en het met toewyding, geduld en uiterse nederigheid en beskeie wyse die taak verrig. Dit was nie nodig om agter hulle skoon te maak nadat daar geboor was nie en die stelsel was getoets voordat dit oorhandig is. Hier wil ek die name noem van Arthur en Ewald, twee puik tegnici wat Complex Patrols het.
Dit raak al hoe moeiliker om in jou eie tuiste veilig te wees en te voel. Ek sal ook seker maak dat hierdie skrywe op ander media platforms voorkom. Nogmaals dankie.
Deesdae is dit uiters moeilik om goeie dienslewering te kry.
Regards
J.S.Cooke