1 reviews | Active since Member
Die mees teleurstellende ervaring ooit! Die venue was geboek vir n event wat plaasgevind het op 9 November 2024. Die besprekings en ooreenkoms was dat Dorsland se personeel die Vrydagaand die nodige hoeveelheid stoele sou uitpak vir die volgende oggend se skoolkonsert. Saterdagoggend met ons aankoms by die venue was daar geen stoele uitgepak nie en van die vorige aand se restaurant gaste se oorskietkos was nog op die tafels, die vloer en verhoog was nog vuil en taai met plasse water op die vloer waar die dak lek as dit reën. Die personeel het dadelik n "don't care" houding gehad toe hulle daarop gewys is. Ons het toe maar self die stoele uitgepak en die vloer gevee. My algehele indruk van Dorsland Restaurant en Teater in Zandfontein Pta Wes is dat hulle personeel onbeskof en onbevoeg is en dan nog rasisties ook is want van die "kelnerinne" weier om swart kliënte te bedien. Dis beslis n plek waarheen ek nie weer sal gaan nie!