1 reviews | Active since Member
Ek het vir my dogter die tydskrif gekoop “Wedding Guide” en die advertensie gesien van die kompetisie. My dogter aangemoedig om in te skryf tot my spyt. Sy het ingeskryf en die kamstige Droomtroue gewen. Sy was so opgewonde en het ons vertel dat sy n sekere bedrag moet betaal. Alhoewel ons ongemaklik gevoel het, het ons dit gedoen. Met vele keer het my dogter probeer om kontak te maak om te hoor hoe alles werk. My dogter het toe n WhatsApp gestuur dat sy begin onraad vermoed en toe kom die oproep van Lana waar Sy my dogter so verskreeu het. My dogter het haar mood bord gedoen en niks verder gehoor nie sy moet Janiarie 2023 trou. Sy het my nou Sondag laat weet wat alles op FB aangaan. Ek was so geskok en kry my dogter en elke bruidspaar so jammer. Die wêreld is klaar so crazy mens het nie nog sulke mense nodig nie.