1 reviews | Active since Member
Ek het 'n 6.5 Kva kragopwekker vir R9200.00 by Brights Electrical bestel, maar dit was uit voorraad en ek moes wag vir 'n nuwe besending.
Ek het te **** gekom van Gen Air Solutions wat Kragopwekkers en kompressors bou. Ek het 'n bestelling geplaas en was aanvanklik beïndruk met die stem aan die anderkant wat homself as uitstekend, perfek, betyds en as uitstende vakman adverteer het en nooit teleur stel nie!! Goedere word gewaarborg en jaarliks gediens. Betaling geskied by aflewering.
MAAR hoe langer ek gewag het, hoe meer word die verskonings, soveel so dat 'n "splinternuwe" (?) Honda engine, vir my, gespuitverf was. Toe ek my verbasing uitspreek het sy gesindheid verander en hy begin twyfel toe in my as persoon, asof "n moeilike customer" is (?) Ek ken die vent van geen kant, maar hy begin in my twyfel as kliënt?? Toe ek agterkom hy is nie opgewasse vir die taak soos geadverteer teenoor my en ander wat hier naby my woon, probeer hy om 'n "opregte" Honda kragopwekker aan my te verkoop. By navraag by Honda SA self het dit geblyk dat so 'n model nie bestaan nie! Uiteindelik besluit Gen Air Solutions toe tog om my kragopwekker te bou en te kom aflewer. Sonder 'n lang relaas was die sogenaamde aflewering oor 3 dae gedoen (±270km vanaf Brackenfell, Kaapstad), sonder dat die kragopwekker by my afgelewer was met 'n Whatsup boodskap: "Hallo oom koop maar vir oom 'n ander generator ek voel nie gelukkig met die generator nie ek jammer ek oom rond geneuk ek ry nou uit.........." Vermoedelik het hy toe sy "drek" aan iemand anders afgesmeer of dit was 'n klug van die begin af!! Ek hoop die arme ou weet dis nou Julie en nie April nie!! Op 'n stadium, die oggend voor die sogenaamde aflewering wou hy 70% deposito hê en dit terwyl ek 200 km van my bank af sit. Hy het blykbaar nog nooit gehoor van elektroniese inbetalings nie! Aanvanklik het hy ook gevra dat ek vir hom kliënte kry vir kragopwekkers en kompressors, wat ek wel toe gedoen het! Die oggend, die Saterdag wat hy die aflewring sou doen, het ek 7 kliënte vir hom gehad, nadat ek dit oor die radio laat uitsaai het, maar gelukkig het ek my nommer as kontaknommer gegee en nie syne nie!! Intussen het ek besluit om my oorspronklike bestelling weer by Brights te plaas, MAAR dit kos my nou R3453.00, meer! Ek kan nie genoemde ekstra bedrag bekostig nie, maar sal wel intussen maar weer die radiostasie op Saterdae, kontak en waarsku oor Gen Air Solutions, asook elke moontlike dagblad in die Weskaap om weg te bly van Gen Air Solutions! THERE IS NO AIR!!!!!!!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.