1 reviews | Active since Member
Die was my 1ste en laaste keer wat ek Gomelo sal gebruik vir enige bespreking. Ons wou bespreking maak by Sudwala Lodge, maar kon nie direk op hulle website en is verwys na Gomelo vir die besprekings. Die konsultant wat my 1ste gehelp het by Gomelo was so ongeskik en glad nie hulpvaardig omdat ons 2 gesinne is waarvan die een gesin 5 is en die konsultant nie verstaan dat ek 'n eenheid soek wat hulle sal kan akkommodeer. Dit het my gekos om Sudwala te ****ak sodat hulle my kan help met watse kamers ons moet kies wat groot genoem is en wat hulle ons net ekstra sal vra per dag vir die ekstra persoon in die eenheid wat 5 bly. Die ekstra betaling sal plaasvind met aankoms. Dit was bevestig so en ons was gelukkig daarmee en het die bespreking vir 2 eenhede gemaak wat 4 slaap met die wete dat ons net ekstra sal betaal met ons aankoms. So kry ek 'n oproep van Gomelo, wat ons booking wil bevestig want hulle sien nou ek het gese daar gaan 5 persone in die eenheid slaap maar dis net 'n 4 slaper.. lang storie kort die agent het my 'n leunaar genoem en gese dat daar nie so reeling is met Sudwala het en hulle nie die bespreking so kan los. Ek het Sudwala ge****ak en weereens het hulle bevestig dat dit geen probleem sal wees hulle sal my so kan akkommodeer en bevestig dat hulle dit met Gomelo se ongeskikte agent ook bevestig het dis nou na die agent my 'n leunaar genoem het! Sulke swak diens van onervare agente sal maak dat besighede toemaak agv van 'n persoon wat net 'n salaris verdien en nie worry oor kliente diens en om die ekstra myl te gaan om te verseker die klient sal oor en oor terug kom om van hulle dienste gebruik te maak.
Ek hoop dat die eienaar van Gomolo weet watse personeel hy aanstel en hoe min hulle die maatskappy en sy belange op hulle harte dra.
Daarby gese, Sudwala Lodge se personeel sal nogsteeds uit hulle pad gaan om kliente gelukkig te stel, So welgedaan, en my voorstel vir hulle sal wees om uit te reik na 'n ander verhuuring agent om al hulle besprekings te hanteer want met 'n 3rd party agent soos Gomelo kan hulle verseker wees om kliente te verloor agv ongeskikte aanvallende personeel.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.