1 reviews | Active since Member
Betaal my R3000 deposito in. Trok breek op Thabazimbi pad (propshaft boute afgebreek) kom in Ellisras die aand. Trok gehawend soos volg: Flikker lig vasgemaak met draad, bande glad, trok volgens my heeltemal on pad vaardig, brakfluid pyp lek baie olie hulle maak hom tydelik reg sien fotos op facebook gepost. Bladvere geen rubbers, trailer se A.frame swak gesweis (sien foto's op facebook. Sleepwa panele met draad vas gemaak. Trok het nie starter moet gestoot word (met 'n vrag op) SELF DIE DRYWERS ONVEILIG OM TE RY EN GEVAAR VIR MENSE OP PAD EN PADVERBRUIKERS !!!! Meubels word in trok geboender en nie gepak nie. Meubels beskadig. 2de dag moet trok maar ry, draai terug geen remme. Bel Harry vra geld terug aangesien ek ander reelings moes tref (weier my geld terug gee) hy se die trok is 100% reg volgens hom. Die advertensie op webtuiste is totaal misleidend want dit is glad nie so nie. Ek dring aan op my geld terug aangesien meubels nie vervoer is en beskadig is. Swak , geen kommunikasie , leuns. Waarsku alle mense moet hulle nie gebruik nie. Moes ander vervoer maatskappy kry om na al die ongerief die trek te ry uit Ellisras / Pretoria. Hierdie gaan ek nie hier los nie !!!!!