1 reviews | Active since Member
Het op 20 Nov'23 na Jaycee Glass & Aluminum gegaan vir ñ klein stukkie glas ( ongeveer 40cm x 40cm ), die vroumens by ontvangs is nie die vriendelikste nie... Sy skryf toe die kwotasie uit en ek maak betaling. Ek gee vir ha ñ sample glas van wat ek soek, die presiese mates ( die glas was vuil en vol stof ). Ek sê vir ha ek gaan ñ paar draai in die dorp ry dan sal ek die glas kom optel - sy sê toe dis reg. Na sowat ñ uur gaan ek terug en nog NIKS is gedoen nie, ek sê vir ha ek sal die middag terugkom. Op 23 Nov'23 om 08:00 stuur ek my bediende in om die glas te kry...ek wag en wag. Ek gaan toe maar in om te kyk wat gaan aan. Weereens is da NIKS gedoen, hulle gebruik die verskoning "hulle soek dit", ek wag en wag. Later gaan ek by die "workshop" in om te kyk wat gaan aan toe is hulle eers besig om die glas te sny!!!! PATETIES!!! Ek strip toe net da my moer want ek het hulle vir 2 dae gelos en hulle het NIKS gedoen. Ek vra toe my geld terug, die ontvangs dame het ñ vreeslike houding toe ( baie onvanpas teenoor ñ klient wat al 2 dae kans gee vir ñ klein stukkie glas ). Die man wat daar is, weet nie wie hy is nie want die is net so deurmekaar. Ek vra my geld terug - baie stories, hulle bring toe die glas. Ek vra wa is my oorspronklike 1 wat ek gebring het om volgens die mates te sny - ek noem toe WEER die ontvangs vrou weet daarvan. Die deurmekaar man gaan soek toe die oorspronklike glas...WEEREENS is dit ñ gewag en gewag!!! Die deurmekaar man kom toe uit met nog ñ nuwe stuk glas, ek vra wa is my ou glas? Nee, hulle kry hom nie... ek wat toe die glas en loop en lig hulle in dat hulle van my sal hoor. Hoe PATETIES is dit nie?? Gee hulle 2 dae kans vir ñ stukkie glas en NOGSTEEDS is dit nie gedoen nie en gooi die kliente se goed weg??!!! Da het baie ander klein goedjies tussen in gebeur wat hulle ook nie antwoorde voor het nie. Die ontvangs vrou en deurmekaar man hoort nie in daai winkel nie. Hulle kliente diens en hoe hulle dit hanteer het was SWAK!! Sit eder iemand in daai posisie wat die salaris werd is as daai 2 *********** mense!! Hoop hulle skaam hul dood, want iemand soos daai sal nie ñ verbetering maak aan die probleem nie maar eder stagneer in die probleem wat hulle skep vir besigheid! SWAK!! SWAK!!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.