1 reviews | Active since Member
Ek het onlangs die voorreg gehad om ons speserye by vyf takke van Joey's Vleisprodukte te plaas, en ek moet sê die diens wat ek ontvang het, was uit die boonste rakke. Ek wil graag my opregte dank en waardering uitspreek aan die volgende bestuurders:
Bellville Tak: Rendo en Angelique – Julle vriendelikheid en bereidwilligheid om te help het my besoek regtig aangenaam gemaak.
De Bron Tak: Natasha – Jou professionaliteit en hulpvaardigheid was besonders.
Brackenfell Tak: Jaco – Ek waardeer jou positiewe gesindheid en bereidwilligheid om te ondersteun.
Montavista Tak: Andre – Jou hulp en entoesiasme het die proses vlot laat verloop.
Durbanville Tak: Suzie – Jou kliëntediens en gasvryheid het werklik uitgeblink.
Baie dankie aan elkeen van julle wat moeite gedoen het om my welkom te laat voel. Dit is lekker om sulke goeie diens te ervaar – hou so aan!