1 reviews | Active since Member
Ons het by die tenthuise geboek vir 11 dae van rus en vrede in die bos. Die eerste 4 dae was baoe rustog en lekker maar toe begin die skoolkinders wat vakansies by Kokoriba werk in die aande harde musiek te speel en vreeslik te raas. My man het die selnr ge****ak van een vd personeel lede wat met die golfkarretjie gaan ry het en hulle stil gaan maak het, die dame het vir hom gesê sy het die vorige nag na 00:00 hulle ook gaan stil maak. En so was dit aand na aand se geraas en die stilte in die bos wat ons geglo het ons gaan kry was toe 'n gedoef doef in die nag. Al was die aircon aan en die badkamer deur toe was die musiek steeds hoorbaar.
Dit was nie wat ons geglo het ons voor betaal het nie en die 31ste Des was die geraas tot na half 3 die oggend.
Die oord reëls sê jy mag nie 'n steurnis vir jou mede kampers wees nie en na 22:00 moet daar stilte wees in die oord. .Dit was defnetief nie die geval en ons vakansie wat byna R20 000 gekos het was 50% SLEG en ons het 3 dae vroeër huistoe gegaan agv dit. Ek kan ongelukkig nie Kokoriba aanbeveel as jy wil gaan RUS nie want daar is hopeloos te veel geraas en niemand wat hulle reëls afdwing nie.