1 reviews | Active since Member
Michelle en Hendrich, julle is amazing in wat julle doen en het die pragtigste venue waarvoor enige bruidspaar kan vra. Julle en elke personeellid van die dag wat ons jul die eerste keer ontmoet het tot ons en ons laaste gaste vertrek het na ons troudag, was professioneel, vriendelik, behulpsaam en gereed om ons met enige iets te help, vrae te antwoord, alles te reël wat ons vra en na elke detail om te sien - selfs die goedjies waaraan ons nie eers gedink het nie. Julle het goeie raad gegee, wonderlike voorstelle gemaak en so baie stres van ons af geneem. Ons kon actually op ons troudag net ontspan en elke oomblik geniet sonder 'n oomblik se bekommernis oor of alles sal gereed en perfek wees wanneer die dag se verrigtinge aanbreek. Ons het van elke liewe gas komplimente ontvang oor die detail wat oral ingebring is in die decor, die pragtige saal, die heerlike kos, die vriendelike en behulpsame personeel, die gerieflike oornag verblyf, die amazing mooi venue en hoe ongelooflik seepglad alles verloop het. Ek trou sommer weer net om die hele ervaring saam met julle te kan oor hê. 😄 Dankie dat jul so 'n groot deel gehad het daarin om 'n onvergeetlike dag vir ons te help skep. Geen woorde kan beskryf hoe dankbaar ons is vir julle om ons wense en drome te help waar word nie! Deon and Lesinda Grové
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.