1 reviews | Active since Member
Goeie dag
Ek probeer al van laas week af om foto's te kry van julle af vir die staanplekke wat ons wil bespreek! Michelle, julle kantoor dame, het gesê dat julle die afgelope Saterdag 'n funksie gehad het en dat julle soooooooooo besig is dat julle nie laas week foto's van hierdie spesifieke plekke aan my kan stuur nie!
Maar, sy het gesê dat sy ons bespreking "blok" sodat sy tyd kan kry om die foto's aan te stuur, en sodat die 48 uur wat ons tyd het om te betaal nie verval nie! Wel ek het tot vandag nog nie die foto’s ontvang nie! En nou het ek ʼn e-pos ontvang dat ons bespreking gekanselleer is! Ek probeer al van gister af om julle telefonies in die hande te kry, maar die oproep gaan eenvoudig nie deur nie!
Hierdie is die SWAKSTE diens wat ek nog van ʼn kampeerplek gekry het! Julle dwing ons as kliënte om binne 48 uur TEN VOLLE te betaal vir iets wat ons nie weet hoe dit lyk nie, maar ‘n eenvoudige versoek van ons kant af om foto’s van die drie staanplekke aan ons te stuur, kan julle na AGT DAE nie aan voldoen nie!
Ek verwag dat julle die bespreking ONMIDDELIK herstel en die foto’s ONVERWYLD aan my stuur! Dit is die MINSTE WAT JULLE KAN DOEN! Ons wou al van laas week af betaal, maar kon nie!