1 reviews | Active since Member
Something to know about this newspaper and their ethics. The Press Ombud instructed them to publish an apology and a letter from the complainant on Facebook and in the Newspaper. They proceeded to: 1. Publish only parts of the letter in the Newspaper leaving out critical parts where lies were exposed. 2. Publish the same redacted version on Facebook (https://www.facebook.com/share/p/18RsyRs8qT/?mibextid=wwXIfr) and proceeded to block those wanting to publish the full letter and expose more of their questionable journalistic ethics.
Below is the full letter to their Facebook article: PERSONBUDSMAN BEVINDING OOR ARTIKEL GEPLAAS 15 Mei 2025 Geagte redakteur, Dankie vir die geleentheid om my kant van die saak te stel, dit is inderdaad jammer dat ek nie voor die plasing van die artikel op 15 Mei 2025 gevra is om my kant van die saak te stel nie. Ek sou Overstrand Herald kon verseker dat ek net so graag wil weet wie die walglike kommentare op die webtuiste geplaas het en dat ek ook hoop dat die Polisie die skuldige so gou moontlik vastrek. Ek sou onder andere jou gevra het of jy kan onthou toe ek Overstrand Herald gehelp het met jul webtuiste, tot en met Maart 2025, maande ná die beëindiging van my verhouding met Overstrand Herald se vorige werknemer. Hierdie hulp het ek verleen op jou versoek en jy het die hele tyd toesig gehad oor wat ek gedoen het. Ek sou vir jou kon herinner daaraan dat al die MFA (multifactor authentication) kodes op jóú selfoon opgestel was, en ek dus nie kon inlog op die bedieners waarop die webtuiste loop, sonder jou toesig nie. Ek het dit gedoen want dit is deel van my professionele werkswyse. Dit verseker ook enige werk gedoen word aan die webtuiste sonder twyfel bespeur kon word na die persoon wat die werk gedoen het. Hierdie sou ek en jy saam kon bevestig met jou IT diensvers****** se deskundiges. Verder sou ek die Overstrand Herald kon vra na die saaknommer van die beweerde ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Ek sou kon aanbied dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens my rekenaars onder my toesig deurgaan om my onskuld te bewys. Wat ek egter later uitgevind het, is dat daar ten tye van die artikel op 15 Mei 2025 geen saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens opgemaak is nie. Om die waarheid te sê, ‘n saak is eers oopgemaak vier maande later, ‘n week of wat nadat ek ‘n saak van aanranding oopgemaak het by Kleinmond se Polisietak teen die vader van jul gewese werknemer en ‘n invloedryke inwoner van Kleinmond. Dan het ons altwee bewus gewees van die leuens wat Overstrand Herald geplaas het in die artiekel op 15 Mei 2025. Indien Overstrand Herald wel my kant van die saak gevra het, sou dit ten minste waar gewees het dat ek ontken het dat ek betrokke was by die boodskappe, want ek was nooit eens die geleentheid gegun om dit te ontken nie. Wat in stede gebeur het is dat ek gevrees het dat ek konfronteer gaan word in Kleinmond se strate, gevrees het dat die Polisie my enige tyd kan kom arresteer. Wat ek intussen uitgevind het is dat daar blykbaar nie so baie mense is wat Overstrand Herald lees nie en dat daar op daardie stadium geen saak by die Polisie gemaak was nie. Ek het ook geleer dat daar wonderlike mense in Kleinmond is wat my deur hierdie moeilike tyd ondersteun en bemoedig.
2 total reviews on Hellopeter
Is this your business?
Claim your profile to reply to reviews and build trust with customers.