1 reviews | Active since Member
Ons swembad is 3 keer oorgedoen in 3 jaar? Eers was die swembad wit en lelik na net 5jaar.... ons kry hulle weer in om die swembad vir ons oor te doen in 'n donker grys. Die swembad lyk amazing so donker grys maar met ligte grys merke op die bodem wat hulle vertel gou sal weggaan, ek wonder nou nog waarheen dit moes gaan?, nie weg nie. Na 6 maande word die nou al wit merke en strepe op die bodem, soos hulle die grys aangewend het, net erger. Toe moet ons hoor hoe swak hulle veskaffer se produk is en dat hulle dit sal kon kyk maar nie weer sal wil donker oordoen nie. Baie oproepe later kom hulle kyk en oorreed ons om blou te gaan. Ons stem in en wag....wag...wag...en maande later en baie oproepe word dit oorgedoen gedoen in blou. Dit lyk amazing en die swembad is glad binne. Ek vra nou wie betaal vir die water, Eugene se hulle sal…. nooit geld gesien nie.. Na nog ,n paar maande…? Toe kom die blou af en jy sien swart merke op die bodem en trappe. Gerhard wil nie meer my oproepe vat nie en Eugene sal my kom sien…. baie oproepe en amper 'n jaar later en hulle is hier! Vat hulle so 3 maande en baie oproepe dat hulle nou moet klaar kry maar hulle tap nie water in nie, vedwyn net…. ek bel weer 3keer. Ek se ek is nie gelukkig nie, daar is merke en die swembad is so grof jy sal jouself beseer as jy teen die kante swem, die fiberglass kom los van die kant af as jy daarteen druk en die skerp rante by die teels steek soos 'n steakmes se lem uit… Dae later en Eugene kom kyk, sy span sal more gou regmaak dan kan ons volmaak na 24 uur. Die span slaan spykers in om die fiberglass teen die *****t vas te kry en verf blou oor dit.. WAT DE HEL? hulle was weer hier na nog oproepe… weke …. swembad is vol.... vol wit merke en oorverf… een groot gemors… Ek soek ons geld terug vir die 2 keer se oordoen en 3 keer se volmaak met water... Ek het die Pretoriapools.com domain vandag gekoop en daar sal 'n groot advertensie met 'n complaints area wees binne 30dae.
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.