Active since Jul 2016
Thank you for the good service. Ownership and admin staff are always professional, friendly and helpful

Ek het 2 baadjies vir my kleinkinders gekoop by Vivante Leather. Beide baadjies is teruggeneem met ‘n versoek dat “badges” aangebring moet word.

My kleinseun se baadjie is gedoen en aan my terugbesorg. Toe ek die baadjie gaan afhaal, is ek egter meegedeel dat my kleindogter se baadjie aan iemand anders verkoop is?? Beide die baadjies was reeds betaal gewees.

Daar is vir my gesê dat nog ‘n baadjie vir my kleindogter bestel moet word. Ek het spesifieke vereistes gehad vir die aanbring van “badges” voor en agter op my kleindogter se baadjie.

Ek het aangedoen om die baadjie af te haal soos oorengekom, en tot my uiterste verbasing is die baadjie WEER verkoop, die keer met die “badges” soos deur my versoe**** ‘n Ander kliënt was terselfdertyd met my in die winkel en dit blyk toe dat haar bestelling OOK aan iemand anders verkoop is!

Ek was hoogs ontevrede aangesien die baadjie vir my kleindogter benodig was vir laasweek.

Nietemin, ek het vandag gegaan om die baadjie op te tel nadat ek ‘n sms ontvang het en moes tot my verbasing WEER betaal vir die “badges”. Die vrou kon nie haar kwitanseboek op****r om na te gaan of ek wel betaal het al dan nie, en gooi toe my geld vir my terug en sê “vat jou blêrrie geld”. Ek het vir haar gesê sy’s skelm en die geld daar gelos en WEER vir haar R100,00 gelos. Die kwitansie is vir R80,00.

Dit is vir my skokkend hoe die vrou opgetree het van die begin af. Eerstens verkoop sy ‘n produk aan iemand anders wat REEDS betaal is, t****ens is my kleindogter se baadjie nie meer uniek nie want ‘n ander dogertjie het nou presies deselfde baadjie, ens.

Ek voel dat die dame skade berokken aan HONDA. Ek is ‘n bestaande kliënt wat al besigheid met julle gedoen het, en verwag ek beslis NIE om soos gemors behandel te word nie, wel met waardigheid.