Active since Jan 2017
Dis wonderlik om te sien hoe dit altyd uitkom dat ‘n storie wel twee kante het. Meeste van die tyd is dit ook die verkeerde kant wat op web deurgegee word. Ons gedeelte van die verduideliking: Indien ons “woordeliks” kennis ontvang het sou ons die huurders in kennis gestel het dat ons slegs kennisgewings ontvang skriftelik. Die huurders het ons wel later skriftelik kennis gegee waar ons die eiendom weer geadverteer het. Die kennisgewing wat aan ons gestuur was het aangedui dat die huurders se eie woning se huurders uittrek en dat hulle na die woning gaan trek. Ons huurders (Mario) was dadelik in kennis gestel dat indien ons nie 'n huurder het wat goedgekeur is nie, gaan hulle nogsteeds verantwoordelik bly vir die huur nadat hulle die eiendom ontruim het. Waar ons huurders vir ons bevestig het dat hulle dit so verstaan. Ons huurders het ‘n persoon na ons verwys wat glad nie gekwalifiseer het nie, waarna hulle toe baie ongelukkig was omdat hulle nogsteeds verantwoordelik bly. Die rede waarom ons die deposito terug gehou het is dat in hul kontrak wat hulle onderteken het bevestig dit dat hulle verantwoordelik sal bly tot nuwe huurders verkry word. Die inspeksie was nie voldoende nie, indien ‘n huurder ontruim moet die eiendom skoon en reg terug ontvang word. Daar was gebreke wat herstel moes word en die eiendom was nie skoon nie. Ons moet skoonmaak dienste inkry om die eiendom skoon te maak. Na ‘n heen en weer korrespondensie met die eienaars en huurders het die eienaar toegestem om die herstelwerke self te doen op sy eie koste maar die huurders moet vir die skoonmaak betaal dan kan die deposito uitbetaal word. Ons het soos op bevestiging van die eienaar die deposito terug betaal aan die huurders. Ons as ‘n eiendoms agentskap mag en kan nie enige huurder se deposito terug hou nie. Al wanneer enige agentskap dit moet doen is as die eiendom nie in die toestand is soos dit aan huurder oorgegee was nie. Die huurder is verantwoordelik vir die huurder se eie gebreke. Indien die eiendom nie skoon is vir die volgende huurders nie, is dit die vorige huurders se verantwoordelikheid vir die skoonmaak kostes. Ons doen ons volledige inspeksie met fotos voor huurders in ‘n woning intrek, indien die huurders uittrek doen ons weer ‘n volledige inspeksie. Die fotos word vergelyk en die skade ens word deurgegee na huurders wat hul verantwoordelikheid is. Ons by Petru Botha eiendomme lewer ‘n profesionele diens aan die eienaar en sowel as die huurder. Ons is die middel persoon wat na ons eienaars sowel as ons huurders moet kyk tot die beste van ons vermoë!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.