Active since May 2017
Facebook page "GSA TOERE wat nou" het ook swak en goeie terugvoer. I will rather not use this guy again. Too many have experienced the same .... no refunds altgough he agreed to pay back the money. Too many that tell stories about unorganized tours and very poor service and communication. After all, it was a lot of money we have entrusted him with and he spoiled the deal.

Wees asseblief op jou hoede voor jy met bogenoemde besigheid doen of deposito betaal.

Hy adverteer die lekkerste oorsese toere teen goeie pryse. Te goed om waar te wees.

Hierdie reisagent is ongeorganiseerd. Ek het ervaar dat hy heeltyd besig is met ander toere se reelings en nie georganiseerd genoeg is om die volgende toer se toerlede van inligting en bewyse van besprekings kan voorsien nie.

Hy vee negatiewe kommentaar uit of blok jou op Facebook - ek het eerstehandse ervaring hiervan en skriftelike bevestiging van ander wat dieselfde pad gestap het.

Hy vra terugvoer op sy website, maar geen goeie terugvoeg van enige reisiger is iewers sigbaar nie.

Hy gebruik sy praatjie op RSG as kredietwaardigheidsbewys, maar;

Hy het al toeriste in die middel van die toer in n posisie gelaat waar hulle self moet betaal omdat sy geld op is. Sy verskoning is dat hy mense voor die toer gevra het om ekstra kontant saam te vat, want die wisselkoers het die toer duurder gemaak.

Ek het terugvoer gekry dat die geadverteerde toer nie ooreenstem met die plekke wat aangedoen word nie.

Toe ek die toergeld by sy kantoor by homself wou gaan inbetaal, was hy onbereikbaar en tot vandag kon hy nog geen adres aan my verskaf waar ek die gelde vir hom kan kom betaal nie. (of in sy teenwoordigheid oorbetaal nie). En so het ek ontdek dat geen adres op sy korrespondensie, meer sy werklike adres is nie. Sy emails kom onafgelewer terug. Die landlyn nommer is nie sy kantoornommer soos aangedui nie.

Hy weier om depositos terug te betaal as kliente begin vrae vra en onseker is om die finale bedrag oor te betaal, maar onderneem aanhoudend met vals beloftes dat hy in die proses van terugbetaling is, en het verskeie flou verskonings oor waarom dit nog nie gedoen is nie.

Hy kan geen waarborge lewer dat die produk geadverteer, gelewer kan word nie en verryk homself met depositos wat hy kwansuis sal terugbetaal, maar nooit doen nie. Geen onderneming is geteken of geen vrywaring is gestel dat geen depositos terugbetaal sal word tydens die registrasie proses nie.

Sy aanhoudende verskonings het te doen met "ek is alleen", "ek doen dinge anders", "ek is baie besig", "ek was in die hospitaal", het vir 'n week "nie my selfoon by my gehad nie" en vele meer.

Hy is by geen professionele liggaam affileer nie.

Teen betaaldatum van die finale uitstaande toerbedrag, was nog geen kommunikasie of bevestigings gekommunikeer nie. Net n vereiste finale betaling vir iets wat baie agterdogtig klink.

Na my knaende versoek vir my geld en dat ek hom op Facebook gaan blootstel het ek van hom af 'n epos gekry wat die rede illustreer waarom die publiek versigtig moet wees vir GSA Toere:

From: Deon Styger **********
Sent: Monday, 08 May 2017 12:51 PM
To: ********** /> Subject: Re: GSA TOERE REVIEW

Gaan aan jy gaan jou fokken gat sien jou ou ***** ons het sterk prokureurs span.
Vat jou kanse.jy het nou met die verkeerde mense tedoen. Jy het geteken en dit stipuleer geen dep terugbetaalbaar nie
Sent from my Huawei Mobile

Ek wil graag die honderde deposito betalers waarsku, wat dringend betaal omdat jy nie wil uitmis nie.....PASOP!

© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.