Active since Sep 2018
Ek het n kar gekoop (my voertuig in geruil vir n kar by hulle). Nadat aan my gese was per epos en per "whatsapp" en telefonies en ook face to face dat ek Aug maand nie n premie gaan betaal nie wat sin maak want ekt nog nooi met die koop of in ruil van n voetuig daai maand n premie gehad nie het daar sowaar n premie af gegaan. Ek gedink dit is n fout van die bank se kant af want menige kere was daar mos nou gese ek gaan nie n premie he nie deur die verkoops person Francois as ook die f&i Anne so ekt die premie laat reverse by die bank. Min het ek geweet dat daar n nuwe settlement aan gevra is wat dit verander het en hulle my nie gese het daarvan nie. maw as ek nie gevra het dat die nuwe voertuig se premie eers Sep moet af gaan nie het ek 2 paaiement gehad wat sou af gegaan het. N mens werk mos jou maand se begrotting uit, noudat hulle nie die natis kan kry nie want daar is n paaiement uitstaande nou moet ek die betaling maak. Die bestuur se net: Huidiglik is die ander voertuig nog op U naam en sal ons nie verantwoordelikheid neem vir enige verkeers oortreding wat met die voertuig mag plaasvind aangesien ons nie die Natis van die bank kan kry en die voertuig op ons naam sit nie, omdat U die debiet order gestop het.