Active since Feb 2020
Hulle het nerens op hulle forms of webwerf iets gesê van dat as hulle nie teen die gebou kan stop nie jy per meter moet betaal. Toe die trok by die ontwikkeling aankom sê die ouens, ja hulle ken die plek en het al 'n paar keer hier afgelaai en die trok kan nie hier in nie. Die kantoor het my toe amper R1000 meer gevra om die goed af te laai. Hulle het ons geen keuse gelaat nie, of ons betaal dadelik of hulle laai nie af, en dan neem hulle die goed kantoor toe, en ons moet betaal vir heraflewering en berging. Ek het 3 keer gevra of daar nie 'n tv op die lys is van dinge wat moet vervoer word nie en 3 keer het hulle gesê nee. Toe ek die aand later kon kyk was daar 'n tv op die lys. Ook het ek 2 keer gevra of hulle seker is hulle het als opgelaai is en hulle het gesê ja alles is gemerk, wat nie waar is nie hulle het die tuinstel net daar gelos wat iemand anders nou moet vervoer. Ook het hulle 'n boks gevat waarin 'n braaipan en ander elektriese ware in was. Ek is so spyt ons het van hulle diens gebruik gemaak. Ons sal verseker nooit weer nie.