Active since Oct 2020
Op 03/06/2020 kontak ek Lynnwood Domestic Services oor my KIC yskas/vrieskas waarvan die kompressor aaneen hardloop. ek vrduidelik aan Zelda my probleem en sy onderneem om iemand na my huis te stuur. Op 05/06/2020 kom een van hul personeel na die yskas kyk en na ondersoek meld hy aan my dat die yskas oud is en vervang sal moet word. Daar is blykbaar n lekkasie in die gaspyp en die eenheid is toe so hy kan nie die pype ondersoek nie. Hy vervang die klep op die gaspyp asook die gas, die koste R1276.54. Op 08/06/2020 verwittig ek hulle dat die motor steeds aaneen werk. Die amptenaar kom weer na my huis en ek vra aan hom of dit nie die ontvriesingselelment is wat foutief is nie. Hy se dis n ou model en het nie so iets nie, Hy sal vra dat my geld maar aan my terugbetaal sal word aangesien die yskas nie herstel kan word nie. Op 10/06/2020 word slegs R445.54 aan my terugbetaal. Ek kontak Jolene en bespreek die aangeleentheid met haar en sy se die uitroep koste van R730 is betaalbaar ongeag die uit**** van die werk. Die klep en gas kan hulle nie terugneem nie en iemand moet daarvoor betaal want die firma kan nie die verlies neem nie. Ek kontak n ander firma wat die yskas kom haal en na drie dae terugbesorg en ten volle herstel en werk nog steeds perfek. Helaas net die ontvriesingselement vervang. Duidelik was Lynnwood Domestic Services nie in staat om die yskas te herstel nie.