Active since Dec 2020
Hellopeter ek wil graag die maatskapy openbaar vir die uiterse swak wat hulle is, ek het n week gelede by hulle begin werk as n armed respons officer. Ek het vier dae gewerk waar ek besluit het om te bedank om rede ek as offesier wat werk met geen nodige beskermimg of toerusting voorsien was nie en omdat daar geen taktiese beplaning en desipliene is nie, hulle is volgens my n surkus en het geen idee van hoe n taktiese mag moet reageer nie, daar is nie eers ordentlike kommunikasie middele wat werk soos radio stelsel of marnet stelsel wat werk nie, offesiere moet deur middel van hulle privaat selfone op eie omkoste met mekaar in nood of toneel in verbimding tree. Ek wag ook al 2 weke van ek bedank het vir my geld vir die vier dae wat ek in hul diens was, moes ook my kontrak teken by hulle sonder enige gesprek van wat my selaris sal wees en 31ste moes ons geld inbetaal wees wat toe glad nie gebeur het nie. Ek het n paar jaar ondeevinding en weet hoe n taktiese eenheid moet reageer en werk en hulle het geen benul wat hulle doen nie.