Active since Feb 2022
MOTUS FORD GEORGE!! BLY ASSEBLIEF VÊR WEG!! Laas week my jaarlikse diens by hulle gereël vir my Ford fiesta. So vat ek my kar in vanoggend skuins na 9. Alles goed, vat my sleutel by my en sê hulle kontak my sodra hy klaar is. Rooi vlag 1 - hulle vra my nie vir watter diens ek hom inbring nie, 20k, 40k, 60k en al daai dinge nie. Rooi vlag 2 - Elke keer vantevore loop n mechanic saam met my en inspekteer my kar vir enige sk**** ens. Maak notas en en. Hierdie keer het dit nie gebeur nie, wat ek nogals vreemd gevind het. Dag loop verby en geen oproep of kommunikasie na my kant toe nie. My girlfriend neem my toe na Ford so 20 minute oor 4 die middag. Met aankoms sien ek my kar staan nogsteeds op dieselfde plek waar ek hom vanoggend gelos het. Sekerlik was hy klaar en het hulle hom weer op dieselfde plek geparkeer? Hmmm. Ek word met n benoude kyk gegroet met my aankoms(die dame sit slap links - nie Madelein nie). Daar word rondgeskarrel met deur papiere en agtertoe verdwyn vir n goeie paar minute. Die dame kon toe eventieël weer vorentoe en sê dat my kar se diens nog so 45 minute sal duur. Diens hulle dan nie karre in die workshop nie? WANT MY KAR STAAN STEEDS BUITE WAAR EK HOM GELOS HET. Ek vra toe my kar sleutels terug en sê ek sal my kar by n ander plek diens. N mechanic kom vorentoe en sê daar is reeds parte uitgeboek en hulle sal nie lank vat nie.( hoe word daar parte uitgeboek vir n kar wat jy nog nie ge inspekteer het of die moeite gedoen het om uit te vind waarvoor hy gediens word nie?) Not my problem!! Ek kry toe my sleutels, nadat ek n paar keer moes vra daarvoor. Motus ford George sal my nooit weer sien nie, mens verwag baie beter van so groot maatskappy.