Active since Dec 2022
Mense voordat jy enigsins dink om n motor te koop by Agenbag Motors draai vinnig om en soek n ander garage. Ek het Oktober 2022 na Jean Venter toe gegaan en gevra om my te help ek soek n Renault Triber. Toe koop hy een by Penta Klerksdorp uit. Hulle het my nie die kar laat toets bestuur of vooraf kom wys nie so teken ek n week voor die tyd al die papiere en wag nou maar want elke dag bel hy en lieg n nuwe lieg oor die kar wat hy nie het nie. Donderdag bel my dogter vir Heinrigh Agenbag hy se toe ek sal Vrydag die kar he. Wel Vrydag oggend toe ons bel se hulle hulle was hom net gou. Die middag bring Jaques die kar na ons huis toe. Nog papiere om te teken. En sit n rooi strik op die kar soek my kar se sleutel en ek se hom maar ek het dan nog nie die ding getoets bestuur nie. Maar se hy dis n nuwe kar. Toe ek inklim sien ek dis nie die regte model kar nie. Ek ry toe na die garage toe se vir Jean dat dis nie die regte kar nie en hy vibrate en hy het n fout by die remme en die stuurwiel word styf. Se hy vir my ek moet die kar net gewoont raak. Ry hom as daar fout is sal Penta hom regmaak. Wel ek ry toe op die Orkney pad die ding haal nie eers 80 km per uur nie. Ek gaan toe weer na Jean hy se toe gaan na Penta toe hulle moet dit regmaak. Kom ek by Penta boek die kar in by werkswinkel. Kry ek die kar ag net dieselfde gaan ek terug na Agenbag toe , se Jean vir my dis die Turbo wat inskop. Hahaha die kar het nie n turbo. Ek gaan weer terug na Penta boek die kar vir.nog n dag in want die werktuigkundige se dis die engine mountings hy sal dit net regskuif en klippies in die remblokke. Wel ek kry die kar terug vibration baie erger. Toe gaan sien ek vir Ferdie by Penta want ek soek n ander kar. Hy se die vibration is maar die Renault se manier jy gaan dit nie wegkry nie. Hulle het n skrywe van Renault SA gekry wat se daar is fout met die ratkaste en hulle kan niks daaraan doen. So se hy dan sal hy my kar maar inruil. Nou het Jean van Agenbag Motors my so klomp geld gevra vir die kar dat as ek nou n ander moet kry ek my kar se geld wat vir deposito gedien het heeltemal gaan verloor. Hys n skelm. Renaut is n skrap kar. Ek was by Jean hy reken vir my mens toets ry nie n nuwe kar nie. Die ding mag nie km op kry maar Penta se drywer het die Triber gery van Pretoria af. En die kar het net 54 km opgehad. So niemand wil my nou help nie en ek skuld n helse klomp geld vir n ding wat stukkend . Agenbag motors het geen na verkoop diens nie en is net uit om geld te probeer maak . Hulle kan nie by hulle beloftes staan nie .
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.