Active since Feb 2023
MOENIE EPS SISTEEM EERS OORWEEG NIE! Grootste valse advertering op n produk wat ek al ooit beleef het! Ons het die sisteem in Oktober 2022 laat installeer en tot op datum nog nie n enkele eenheid krag minder verbruik nie - inteendeel gebruik ons meer. Hierdie is aan die verkoopsagent deurgegee wat geantwoord het dat dit "baie snaaks" is en dat ons die kantoor moet kontak. Daar het die 2de nagmerrie begin, daar is absoluut geen kliënte diens nie! Emails word nie geantwoord nie, base (wat ook glo nie bekend gemaak mag word nie) is nooit op kantoor nie en elke keer word daar nuwe inligting en bewyse van ons kant af vereis. So speel hulle vir tyd. Sou al die 15de Desember m antwoord vir ons hê, na vele heen en weer bel en boodskappe en emails en verslae is daar vanoggend met ons mee gedeel dat "die baas" sê ons gebruik net R200 meer krag maar die krag prys is op so ons sou elkgeval meer betaal vir krag so hulle spaar ons glo en kan ons nie verder help nie. Verstaan duidelik nie dat geen EENHEDE krag gespaar word nie en redeneer kan mens nie. So is R25 000 in die water gegooi! PASSOP VIR HIERDIE KLUGSPUL! DIT WERK NIE!!!