Active since Feb 2012
Ek kan Francois jewelers ten sterkste aanbeveel, ek was een keer, lank terug daar in om ietsie klein te koop en die behulsaamheid en die kwaliteit diens wat ek gekry het was voortreflik, ek het daar en dan besluit dat as ek ooit iets wil laat maak of wil koop, sal dit by hulle wees! Daardie tyd het Chantal my gehelp en heel toevallig eindig ek weer by haar op, in November, ons wou n ring laat maak vir ons 20 jaar huweliksherdenking, ons het die spesifikasies vir Chantal gaan gee, ons het iets gaan drink daar in die kompleks, toe die kwotasie al deurkom, ons het daar en dan deposito te gaan betaal, hulle prys was verby billion! Chantal en Francois jewelers het uitstekende diens gelewer, ek het n Solitaire ring laat maak en later besluit nee, ek wil 2 pandjies bysit, hulle het dit dadelik gereël, ek kon Chantal dag of nag ****ak, sy was ook die hele tyd in ****ak met my! Ek besluit toe ek gaan nou maar "all out" gaan en n 9ct Witgoud hangertjie en "circle of life pendant" by hulle koop asook n tennis bracelet, later het oorbelle ook gevolg! Ek het nog n oorbel gaatjie ingeskiet (ek kan Chantal hoog aanbeveel, saam haar kollega het hulle sommer altwee gaatjies gelyk, pynloos ingeskiet). Hulle diens was reg deur uitstekend, ek kon vir Chantal vra vir ENIGE IETS, dan kom sy terug met fotos van verskillende armbandjies, oorbelle, hulle diens is uitstekend, beter gaan jy nêrens kry nie en nie net dit nie.... Francois en Chantal weet wat hulle in die winkel het, jy gaan geen juweel item, goedkoper en van beter kwaliteit iewers anders kry nie! My man het gereël vir grafering binne my ring en hoewel hulle dit nie self doen nie, het hulle die ring uitgestuur en n steentjie in die "o" se plek gesit! Jy kan hulle ENIGE iets vra en hulle laat dit gebeur! Wat my diep beindruk, is jy kan daar ingaan om n "goedkoper" item te koop of duur en jy word gegroet met dieselfde kwaliteit, vriendelike diens. Ek het my ring binne 4 weke gekry met al my veranderings, ek het sommer als daar gelos, dis so mooi verpak en toegedraai en alles saam die ring gaan kry voor Kersfees! Francois Jewelers is n spesiale plekkie (gem), half weg gesteek in the Grove mall. Maak gerus n draai. Kry n kwotasie, gaan kyk in die winkel, jy sal nie spyt wees nie! Al die juwele wat ek gekoop het, is so mooi en van uitstekende kwaliteit.....en dan het ek nog uitstekende diens ontvang! Hulle gaan uit hulle pad om hul kliënte te help! Ek sal NOOIT weer iewers anders gaan nie, Chantal en Francois jewelers, het n lewenslange kliënt in my! Ek sal NOOIT weer iewers anders koop nie en die beste is, as hulle nie iets het nie, kry hulle dit vir jou en dis die moeite werd om te noem, ek het in die besigste en moeilikste tyd van die jaar waar vervaardigers en vers******s sluit met hulle besigheid gedoen en ek het alles waarvoor ek kon vra voor Kersfees gekry, selfs my Nomination links! As jy top kwaliteit juwele en diens wil hê is Francois jewelers, die plek vir jou! Dankie Chantal (jy is al n vriendin), Francois jewelers en span!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.