1 reviews | Active since Member
Ek hou nie van name en shame nie maar die kan ek nie laat gaan nie. Die werkswinkel in moot straat reg oorkant die garage, langs medicross(waar pep was) het n maand terug mu cdi van my s****** vervang, ek het letterlik 12 dae met die s****** gery, net my nagskofte en hy het weer gebreek. Hulle weier om reg te maak want hulle se hulle het hom nie gebreek nie. Ek het in 6 maande 3 keer my agter brieke laat doen by hulle, tot en met wat ek agter gekom het my brieke makeer niks, dit is net die spring en die pennetjie wat gestel moet word, wat ek, n vrou gedoen het, nou het my s****** weer brieke. Net so moes ek ook hoor ek moet my battery vervang, maar dit was net my spark plug wat nie lekker kontak maak nie, ou battery makeer niks. Ek het n R1000 betaal vir die cdi nou moet ek weer betaal. Is dit die tipe diens wat hulle lewer aan dames. Maak iets reg net om terug te gaan die volgende maand en weer dieselfde ding reg te maak. Dit is onaanvaarbaar en ek hoop die kom by hulle uit.